4 Bedroom House For Sale in Bayview

R3,125,000


Monthly Bond Repayment R30,156.93
Calculated over 20 years at 10.0% with no deposit.
Change Assumptions

Web Ref No 2469633

Ligging! Groot familiewoning met woonstelle en nog potensiaal vir verdere uitbreiding

Ligging is puik - stil, gewilde buurt, stapafstand van die strand. Ideale woning vir die groot familie of om ekstra huurinkomste te verdien uit 2 bestaande woonstelle met potensiaal vir nog 'n 3de woonstel. Die hoofhuis is ruim, alles op een vlak. 4 slaapkamers, 3 badkamers waarvan 2 en-suite is. Leefarea wat uitgaan na 'n goed ingerigte kuier/braaikamer met kroeg en 'n ingeboude braai. Groot kombuis met aparte opwas. Dubbel motorhuis. Kantoorarea met waskamer wat maklik omskep kan word in 'n derde woonstel met eie toegang.

Gerieflike eenslaapkamer woonstel binne die huis met eie toegang, een badkamer, kombuis en leefarea.

Bo-op die motorhuis is 'n heerlike ruim, moderne 2 slaapkamer woonstel met oopplan kombuis en leefvertrek, 2 slaapkamers en een badkamer. Die leefarea loop uit op 'n lieflike kuierstoep met braaigeriewe en see-uitsig. Ideale kuierplek om 'n skemerkelkie te geniet en die pragtige sonsondergang oor die see te bewonder.

Ekstra parkering voor die motorhuise met nog verdere ekstra parkering vir 'n boot/karavaan. 2 Wendyhuisies waar tuingereedskap en al die ekstra's n berepekkie kan kry. Daar is 'n watertenk. Gevestigde tuin met welige pantegroei - 'n lekker leefhuis met baie potensiaal. Slegs 'n paar honderd meter vanaf die strand, naby alle noodsaaklikhede in Mosselbaai en Hartenbos en gerieflik naby die oprit na die N2 - skakel vandag nog as jy jouself in hierdie huis kan sien!









Features

Bedrooms 4
Bathrooms 3
Flatlet 2
Recep. Rooms 3
Study 1
Floor Size 505m²
Garages 2
Land Size 800m²
Monthly Rates R1,500.00

Agent Contact Details

Margriet van Vuuren
Mossel Bay

Cell 0825565134
Office (044) 6905227

Message the Agent

1 of 1