X

Farm For Sale in Calvinia Rural

R5,900,000


Monthly Bond Repayment R63,938.72
Calculated over 20 years at 11.75% with no deposit.

Web Ref No RLS924338

Plaas te Koop in Loeriesfontein Distrik - Noord-Kaap

Uitstekende skaapplaas te koop.
Hierdie plaas is goed geleë (ook veilig) en is n oorgansplaas tussen winterreën (Hantam) en Somerreën (Boesmanland).
Die weiding is goed opgepas en die plaas word oor die afgelope 8-10 jaar nie op volle drakrag geboer nie.

Grootte:
5850 Hektaar

Drakrag:
1/45 GVE

Weiding:
Gras en Bossieveld (Die weiding is tans goed as somer weiding.)
Plaas is skoon van "Prosopis" indringer bome en word streng hanteer om groei van bome te verhoed.

Verbeterings:
Die plaas is verdeel in 15 kampe met 4 stelle krale goed geleë tussen kampe vir vee hantering.
Die buite drade is ge-elektrifiseer vir beheer van ongediertes.

Water:
Die kampe word almal voorsien van water deur 7 windpompe.
Die gemiddelde diepte van boorgate is 30m
Water bied potensiaal vir groentetuin vir eie gebruik.

Geboue:
Woonhuis wat bestaan uit:
3 Slaapkamers (Twee met ingeboude kaste)
Kombuis met Aga stoof
1 Volledige Badkamer met tweede aparte toilet
Eetkamer
Sitkamer
Sonkamer

2x Arbeidershuise
1x Groot Stoor
1x Klein Stoor
2x Pakkamers
1x Masjienkamer

Kommunikasie:
Goeie MTN sein
Telkom VSAT met internet ook in werking.

Hierdie is n goeie geleentheid om n goed opgepaste plaas te koop en net kan instap en boer.
Die vee huidiglik op die plaas asook los goedere kan ook gekoop word om die plaas as n lopende eenheid te koop.
Verkoper is BTW geregistreer en BTW is uitgesluit by verkoopprys.

Skakel die agent vir verdere inligting.

Features

Bedrooms 3
Bathrooms 1
Recep. Rooms 2
Dom. Accom. 2
Garages 2
Carports/Parkings 1
Pets Allowed Yes

Agent Contact Details

Message the Agent

We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy

1 of 1
I accept your privacy terms. Privacy Policy
We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy