X

Farm For Sale in Calvinia Rural

R6,150,000


Monthly Bond Repayment R66,647.98
Calculated over 20 years at 11.75% with no deposit.

Web Ref No RLS954284

Plaas te Koop in Calvinia Distrik - Noord-Kaap

Eksklusiewe Alleenmandaat

Plaas vir ekstensiewe kleinvee boerdery te koop in die pragtige Karoo.

Hierdie plaas is geleƫ in veilige landelike omgewing.
Die weiding is goed opgepas en word tans nie op volle drakrag geboer nie.

Grootte:

5108 Hektaar
Verdeel in 10 kampe met verskeie vee hantering fasiliteite.

Drakrag:

1/45 GVE

Weiding

Gemengde bossieveld en boesmangras.

Besproeiingsgeleenthede op hierdie eiendom:

Olyfbome:
Bestaande 1500 Olyfbome onder drupbesproeiing bestaande uit vier kultivars, hoofsaaklik olie tipe.
Ouderdom van bome +-14 jaar.
Olyfolie was gebottel en bemark onder eie embleem.
Olyfpers met vier vlekvrye staal tenks word ingesluit in koopprys.

Turksvye:
Vyf verskillende variteite

200 Granaatbome

Groetesaad Verbouing:
Afsondering van plaas voordelig om verbastering te verhoed en geen skadelike onkruid.

Watervoorsiening:
Grond opgaardam - water word "kosteloos" met sonpomp (5.5kw - 3 fase) vir ongeveer 2km met pyplyn na sementdam gepomp waaruit drup besproeiing op natuurlike druk wyse toegepas word op aanplantings.
Addisionele pyplyn wat aansluit by hooflyn vanaf vier windpompe en een dompelpomp vir watervoorsiening indien opgaardatum nie water het nie.
Boorgate - Sterk ondergrondse waterbronne met sonpomp en windpompe. (Geregisteerde waterregte by Departement Waterwese)
Veekampe elk met eie waterbron.

Verbeteringe:
Groot plaashuis toegerus met sonkrag en windkrag en bestaande uit:
4 Slaapkamers
2 Badkamers (Son waterverwarmer)
Leefarea
Kombuis met spens
Waskamer
Sonkamer

Buitegeboue:
1x Vleiskamer
1x Masjienkamer
1x Voertuig Afdak
1x Dubbelle motorhuis

3 Vertrek werkerswoning met badkamer en toegerus met sonkrag en son waterverwarmer

1x Toegeboude stoor van ongeveer 48 vierkante meter.
1x Sink stoor van ongeveer 44 vierkante meter.

Hierdie is n goeie geleentheid om n goed opgepaste plaas met geleenthede te koop.

Verskeie losgoedere op die plaas is ook te koop. (Lys beskikbaar)

Verkoper is BTW geregistreer en BTW is uitgesluit by verkoopprys.

Skakel die agent vir verdere inligting.

Features

Bedrooms 4
Bathrooms 2
Recep. Rooms 2
Dom. Accom. 2
Garages 2
Carports/Parkings 1
Pets Allowed Yes

Agent Contact Details

Message the Agent

We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy

1 of 1
I accept your privacy terms. Privacy Policy
We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy