X

3 Bedroom House For Sale in Kranspoort

R3,200,000


Monthly Bond Repayment R34,678.63
Calculated over 20 years at 11.75% with no deposit.

Web Ref No RLS955730

Verkies jy kwaliteit tyd met vriende en familie sonder om onder mekaar se voete te wees?

Hierdie is ongetwyfeld vir die kieskeurige koper! Vandat jy by die huis instap beiindruk die groot oopplan leefvertrek, eetkamer en kombuis jou…. baie kaste en verskeie goed beplande graniet werkstasies, ‘n groot spenskas, ‘n gasstoof met lugwaaier, asook ‘n afsonderlike waskamer. Die TV kamer se stapeldeure loop direk uit op die stoep en vorm dit een groot kuiervertrek met baie lig en vorm dit deel van die tuin. Elke inwoner sal aan jou kan bevestig dat weens die uitsonderlike leefstyl in Kranspoort, vorm die stoep die hartklop van elke huis en is hierdie groot stoep met sy u-vorm sekerlik een van die heel bestes in Kranspoort. Daar is voldoende spasie om verskeie kuierhoeke te hê en vorm die ingeboude braai, asook die sprankel swembad, ongetwyfeld baie plesier aan almal. Die hoë dak skep verder ruimte en is die swembad so geplaas dat dit privaatheid verseker.

Die huis se vloei asook die smaakvolle teëls, beligting en die tydlose verfkleur, komplimenteer mekaar. Die studeerhoek/werksblad is smaakvol met granietblaaie en is ideaal vir beide hom en haar, elk met sy eie kaste en voldoende werkspasie.

Die slaapkamers is uitstekend beplan met opvoudeure wat elkeen op die groot stoep uitloop. Die hoofslaapkamer se baie ingeboude kaste is elke vrou se droom, om van die moderne badkamer nie eens te praat nie. Ook hier is pragtige granietafwerking, bad, groot stort en ingeboude blad waar jy na hartelus kan grimeer en hare blaas. Die hoofslaapkamer is afsonderlik van die ander slaapvertrekke om privaatheid te verseker en kan jou oggendkoffie heerlik op die stoep gedrink word. Die gaste kamer is lig, ruim en bied voldoende ingeboude kaste asook direkte toegang tot die stoep. Die badkamer is pragtig met tydlose afwerking en word jy beindruk met die ruimte asook die groot bad en stort waar jy lafenis vir jou siel kan kry. Die derde slaapkamer is ook ruim en lig, met sy eie kuierplekkie reg by die swembad.

Die tuin is maklik beheerbaar en is die toegeruste boorgat ‘n aanwins. Die dubbelgarage is ruim met voldoende pakplek en pas groot voertuie gemaklik daarin. ‘n Verdere bonus is die die ekstra erf wat spasie skep en relatief plat is… (‘n groot luuksheid in Kranspoort). Die erwe is reeds gekonsolideer, dus is daar slegs een heffing. Hierdie huis, asook die besondere leefstyl in Kranspoort is uniek en kan ek nie wag om jou daar te gaan wys nie, Skakel dadelik vir ‘n afspraak en kom kyk self!

Features

Bedrooms 3
Security Yes
Bathrooms 2
Recep. Rooms 2
Study 1
Floor Size 339m²
Garages 2
Land Size 2,450m²
Pool Yes
Monthly Rates R1,450.00
Monthly Levy R1,320.00

Agent Contact Details

Message the Agent

We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy

1 of 1
I accept your privacy terms. Privacy Policy
We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy