POA
Going on Live online auction 29 April 2026 - Erf 3205, Ou Brug Village!
Wake up to the sound of the Orange River and watch the sun set behind the hills near Hopetown. Stargaze from your stoep under skies unpolluted by city light.
Nestled along the mighty Orange River, this exclusive development offers a rare opportunity to own a piece of one of South Africa's most magnificent Bo Karoo landscapes.
This development isn't just real estate — it's a unique way of living. A slower pace and a deeper connection to the land. The Northern Cape offers a quality of life that money can rarely buy: Absolute solitude, raw beauty and endless space.
Here the river runs wide and unhurried. The skies are vast. The silence is yours. These carefully positioned stands are designed for those who value space, privacy and a life lived closer to nature — without sacrificing comfort or quality.
The stands range from 2 458 m² to 3 278 m² — a generous sizing designed for privacy, space and a true off-grid lifestyle. A strong borehole provides potable water complying with SANS 241 via a network to the boundary of each erf, allowing for immediate connection by the owner. There are also gravel access roads, open spaces and an Estate perimeter fencing.
Please note that the Purchaser will be responsible for providing his or her own power supply. Solar photo voltaic panels/inverter/batteries are the most popular technology. The Purchaser will also be responsible for treating his/her domestic sewage by a septic tank and soakaway system. No other municipal services are provided.
All dwellings and other structures that are constructed on the Property must comply with the National Building Regulations, the architectural and aesthetic guidelines of the Estate and; evaluated and approved by the Home Owners’ Association and approved in writing by the Municipality.
Word wakker met die geluid van die Oranjerivier en kyk hoe sak die son agter die koppies naby Hopetown. Aanskou die sterre vanaf jou stoep onder ’n hemel sonder stadsligbesoedeling. Geleë langs die magtige Oranjerivier bied hierdie eksklusiewe ontwikkeling ’n seldsame geleentheid om ’n stukkie van een van Suid-Afrika se mees asemrowende natuurlike Bo Karoo landskappe te besit.
Hierdie ontwikkeling is nie net vaste eiendom nie — dit is ’n unieke leefstyl. ’n Stadiger pas en ’n dieper verbondenheid met die grond. Die Noord-Kaap bied ’n lewensgehalte wat geld selde kan koop: absolute afsondering, asemrowende skoonheid en eindelose ruimte.
Hier vloei die rivier wyd en rustig. Die lugruim is uitgestrek. Die stilte behoort aan jou. Hierdie sorgvuldig geplaasde erwe is ontwerp vir dié wat ruimte, privaatheid en ’n lewe nader aan die natuur waardeer — sonder om gerief of gehalte prys te gee.
Die erwe wissel van 2 458 m² tot 3 278 m² — ruim groottes wat ontwerp is vir privaatheid, ruimte en ’n ware “off-grid” leefstyl. Dit sluit boorgattoegang in wat aan elke erf betroubare drinkwater, wat aan SANS 241 spesifikasies voldoen, voorsien. Daar is ook toegangspaaie en omheinings rondom die landgoed.
Dit word op rekord geplaas en moet daar uitdruklik kennis geneem word dat nóg die Verkoper nóg die Huiseienaarsvereniging enige munisipale dienste sal voorsien behalwe water, en dat die Koper verplig sal wees om, op sy koste:
sy eie elektrisiteit op die Eiendom op te wek deur middel van ’n “fotovoltaïese sonkrag” stelsel; en
’n rioolbehandelingstelsel te installeer wat voldoen aan die nasionale bouregulasies vir die behandeling van alle riool wat verband hou met die gebruik en bewoning van die Eiendom.
Alle wonings en ander strukture wat op die Eiendom opgerig word, moet voldoen aan die Nasionale Bouregulasies, die argitektoniese en estetiese riglyne van die landgoed, deur die Huiseienaarsvereniging geëvalueer en goedgekeur word, en skriftelik deur die Munisipaliteit goedgekeur word.
Features
Hopetown, Hopetown
- Street map
- Street view
Documents
R0,00


















