R2,500,000
R2,500,000
2 Bedroom House For Sale in Kranspoort
2
Bedrooms
2
Bathrooms
3
Parkings
Ref. RLS951331
Land 1370.00m²
Monthly Repayment
R26,660.74
Willemien Badenhorst
Willemien Badenhorst
Monthly Levy R1,320
Monthly Rates R1,400
Total R2,720

Lus vir ‘n voortdurende vakansiegevoel?

Web Ref. RLS951331
‘n Netjiese intrek-en- bly huis… alles reeds deur die verkoper gedoen. Hierdie huis laat jou opgewonde deurstap…. vanaf die netjiese tuin, die mooi houttrappies na die voordeur, die dekke, asook die groot alluminium voordeur nooi jou vriendelik na binne. Met die intrapslag kan jy byna nie jou oë glo nie… die groot oopplan kombuis en leefarea is byna te goed om waar te wees. Die 4 stapel deure verseker heerlike lugvloei asook baie lig in die vertrek.

Die baie kombuiskaste is enige vrou se droom en die feit dat die opwasgedeelte apart is verseker altyd ‘n netjiese kuier area. Die groot tafel met 8 stoele maak gesellige saamkuier geleenthede baie maklik en kan ek my voorstel hoeveel speletjies/kaart uitdagings daar gewen gaan word.

Die linnekas is ‘n groot bederf met alles gerieflik op een plek. Die hoofslaapkamer is baie ruim en bied baie kaste, asook ‘n modern plafonwaaier met lig. Die badkamers is pragtig oorgedoen en die hoofbadkamer (en-suite) spog met ‘n groot stort, bad, wasbak en toilet.

Die ander kamer bied genoeg kaste en spasie vir 2 enkelbeddens. Die modern tweede badkamer het ‘n groot stort, wasbak en toilet.
As ‘n bonus is daar ‘n gastewoonstel met ‘n oopplan kombuis, klein kuierarea, slaapkamer en ruim badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet. Op die stoepie voor die woonstel kan daar al vroeg oggend tot laat in privaatheid gekuier word. Daar is ‘n dubbel motorhuis en voldoende parkering asook ‘n stoorkamer. Die onderskeie motorhuise en stoorkamers bied parkeerplek vir 5 voertuie indien jy dit so wou gebruik. Afhangend van jou behoefte, kan die ander stoorkamer met baie min koste, in ‘n addisionele leefvertrek of woonstel omgeskakel word.

Die hart van die kuierplek gaan ongetwyfeld die sprankel swembad met die groen grasperk wees asook die boma en buite braaiplek waar daar tot laat aand baljaar kan word. Die oopplan kombuis en leefarea stap uit op ‘n stoeparea, met ‘n pragtige uitsig. Die baie ruim vertrek word vergroot met die stapeldeure waar daar salig gedagdroom of jou boek onverstoord gelees kan word en die geleentheid om laat aand te braai op die gerieflike gasbraaier met die kombuis byderhand.

Die area is stil en gesog… kom kyk self! Is jy lus vir ‘n ander leefwyse? Kom bewaarheid jou droom en leef een met die natuur. Kranspoort bied verskeie aktiwiteite vir die avontuurlustiges en diegene wat ‘n rustiger leefwyse soek… jy is by die regte plek! Moenie wag nie, skakel my, ek wys jou graag.

Features

Interior
2 Bedrooms
2 Bathrooms
1 Kitchen
1 Lounge
1 Dining Room
Exterior
3 Garages
1 Flatlet
Pool
Security
Scenery / Views
Sizes
Land Size 1,370 m²

Kranspoort, Middelburg

Kranspoort is a premier eco-friendly residential estate and golf reserve, nestled between rugged mountains of the Loskop valley and the Mpumalanga bushveld. It is located east of the Loskop Dam Reserve, and it is home to free roaming game such as impala, Kudu, sable, giraffe, blue wildebeest, zebra, waterbuck, red hartebeest, as well as hippo's from time to time. 1000 hectares of land have been made available for approximately 600 homes and consist of 2 residential areas. Over 60% of these are already built or in the final stages of completion. The one residential area, which complements the golf course, consists of 66 low-density full title luxury stands. Kranspoort provides the perfect destination for your dream home in...
+ Read more
  • Street map
  • Street view
  • Google map for 2 Bedroom House For Sale in Kranspoort

Finance

Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Can't find what you're looking
for?