R1,650,000
R1,650,000
3
Bedrooms
3
Bathrooms
4
Parkings
Willemien Badenhorst
Monthly Levy
R1,400
Monthly Rates
R1,020
Total
R2,420
Kom geniet die ervaring om in 'n veilige wild- en golflandgoed te bly.
Web Ref.
RLS964870
Verkies jy daardie vakansiegevoel met ‘n houthuis? Hierdie huis is beslis vir die kieskeurige koper. Hiper netjies en alles net reg vir jou… ’n intrek en bly huis! Die huis is in ‘n stil cul-de-sac geleë, aangrensed tot die wildreservaat en bied boonop ‘n pragtige uitsig. Daar is ‘n kuier-kombuis met granietblaaie, ontbytblad, asook ‘n gasstoof. Die oopplan leefvertrek verseker dat daar kuier-kuier kos gemaak kan word. Die ander leefvertrek met sy gelamineerde vloer is ‘n baie ruim vertrek met voldoende spasie vir ‘n sit- asook eetkamergedeelte, ‘n studeerhoek, en ‘n jacuzzi. Daar is 2 slaapkamers in die huis elkeen met ‘n vol en-suite badkamer, asook ingeboude kaste. Elke kamer het ‘n skuifdeur wat op die toegeboude dekarea uitloop. Die dekarea verbind die hele huis en het verskeie groot aluminium skuifruite wat pragtige uitsig bied en jou die gevoel van “buite leef “gee. Onder die huis is ‘n derde slaapkamer met ‘n stort, wasbak en toilet vir gaste se gerief, en bied volkome privaatheid.
Die trappe na onder is gemaklik en goedbeplan… Die grondvloer bied ‘n groot kuiervertrek met sy eie kroeg, asook sitgedeelte wat vir verskeie gebruike aangewend kan word. As die manne sou wonder is daar ook ‘n buite braai, pizza- oond, asook ‘n eie wasbak om alles byderhand te hê vir daardie heerlike braaitye.
Daar is voldoende parkering met ‘n dubbele oopplan gedeelte onder die huis, asook ‘n skadunetafdak wat vir 4 motors parkering bied. Die oprit is gemaklik met ‘n in- en uit rygedeelte, asook baie plaveisel. Die tuin is maklik om te onderhou en die groot broodbome en die fontein bied ‘n pragtige fokusarea. Daar is ‘n “groente tonnel” indien jy groen vingers het asook ‘n Wendy huis om al die tuintoerusting gerieflik naby te stoor. Die huis het baie ekstras as ‘n bonus onder andere elektriese bedrading teen die kante van die huis waar nodig, ‘n sentrale waterverkoelingsisteem wat sorg dat die hooflaapkamer, kombuis, asook die leefareas heerlik koel bly gedurende die somer, asook verskeie lugverkoelers. Daar is baie trellideure, asook ligte wat verdere sekuriteit verseker. Die grootste voordeel is dat die huis met soliede hout gebou is en kan dit dadelik aan die stewige struktuur gesien word.
Kranspoort bied ‘n uinieke leefstyl en kan ek nie wag om jou daar te gaan wys nie!

Features
Interior
Exterior
Sizes
Kranspoort, Middelburg
Kranspoort is a premier eco-friendly residential estate and golf reserve, nestled between rugged mountains of the Loskop valley and the Mpumalanga bushveld. It is located east of the Loskop Dam Reserve, and it is home to free roaming game such as impala, Kudu, sable, giraffe, blue wildebeest, zebra, waterbuck, red hartebeest, as well as hippo's from time to time. 1000 hectares of land have been made available for approximately 600 homes and consist of 2 residential areas. Over 60% of these are already built or in the final stages of completion. The one residential area, which complements the golf course, consists of 66 low-density full title luxury stands. Kranspoort provides the perfect destination for your dream home in...
+ Read more
- Street map
- Street view
Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators: